Van lekker lag, kom lekker huil. Hier doen ons beide. Die stories van n enkel-kruiper in London. As jy hier bly sal jy verstaan, as jy dink om oor te kom, lees maar eers.
Wednesday, 21 December 2011
Vandag n jaar terug.
Verlede jaar hierdie tyd het moerder-natuur besluit dat ons nie genoeg drama het nie. Met die wereld ekonomie was sy gat gesien het, die pond wat erg val, die hoogste werkloosheid nommers in 30 jaar, sit 'sy' daar en besluit dat sneeu haar die ding sal wees om met ons te fok.
Dit 'wit-kak' val hard en vinnig. Die paaie raak soos ys en niemand kan daarop ry nie. Al die lughawens moet toe maak, want niemand kan die ys of die 'wit-kak' verwyder nie en met die liefde kom London tot n staan stil. Niemand kan beweeg nie, mense slaap in die lughawe, busse, treine en taxis kan nie ry nie. Almal is in die huis, vas gevang in hierdie 'wit-kak'. Jy sal nou dink dat met al die berigte op die nuus, in die koerante en die inligting op die kuber ruim het 'the powers that be' planne gemaak om dinge aan die klop te hou. Toe nou foken nie.
Die sout wat op die paaie gegooi moes word is nerens te vinde nie. Die stootskrappers kom nie aan die gang nie en die hospitale is oorloop met mense wat inkom met gebreukte gewrigte, arms, vingers en stuikies. Mense wat moet invlieg van ander lande kan nie inkom nie en die 'gesigsboek' is propvol van erge taal gebruik oor die bliksems hier wat nie daai vingers in tyd kon uit trek nie. HOEKOM?
Die land kom tot n stilte, almal soek redes en die mense bo op die leer soek verskoonings. Hulle durf toe om te vra dat die mense kalm moet bly en die tydjie geduldig te wees. Sjoe, maar jy doen dit nie. Die pommies maak planne om parlament te gaan afbrand, maar dit gebeur toe nou nooit nie. Die blaf is erger as die byt.
Snaak, maar van al die stront wat die laaste 2 jaar gebeur het is dit nou een van die dinge wat my nie nou pla nie. Ek het 'snowball fights' met mense in die park, of hulle nou wil of nie. Ek trek my 'wellies' aan, dis nou wat julle sal noem 'gumboots' en skaats in die straat af. Solank my koffiehuis oop bly is alles in die haak. Nou, vir die laaste 3 jaar loop ek elke dag deur Hyde park, maar in die winter is dit so koud dat dit amper vir my voel soos my eie agter plaas. Daar is nie n mens in sug nie. Hel, maar dis te lekker, ek kan loop en sing, hard wind breuk as ek nou wil, self agter n boom piepie as ek moet. Op een van die dae loop ek in Kensington Park Gardens af, en voor ek my oe kon uitvee is ek oorval, nee, bespring deur eekhorings, nie een of twee nie, maar 100de van hulle. Gewoonlik kom gee die mense vir hulle kos gedurende die dag, maar met die 'wit-kak' wat ooral is kom niemand uit hulle huise nie. Die grond is kliphard gevries, so die stomme bliksems kan nie eers hulle neute uit grou nie, en ek weet hulle assosieer mense met kos, maar ek dink nie hulle wou kos by my kry nie, die wetters wou my eet.
Die volgende dag het ek 'monkey nuts' gaan koop en hulle gaan voer. Ag shame, hulle was te dankbaar.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment