Wednesday, 28 December 2011

'n Moderne sprokie.


Eendag lank lank gelede, toe ons nog kinders was, het ons almal geglo in die mooi, die onskuldige, die hoop en die geleenthede wat ons sal berus na harde werk, bid en kerk toe gaan. Sjoe, maar het ons die pot mooi mis gesit, of wat? Die realiteit is heeltemal anders as wat ons kon in dink as kinders. Al wat ons hoef te doen is om so bietjie nuus te kyk. Daar is geen rudders op wit perde nie, daar is geen draak wat die pot goud onder die reenboog beskerm nie, en daar is verseker geen 'happily ever after' nie.

As mens is ons vas gekeer in die toekoms, die hoop van n better lewe, n better droom. Glo my nogsteeds nie, kyk n fliek. Die einde is almal gelukkig, die man op die perd galop na die horison met die nuwe bruid agter op en dit als met n rekenaar 'sunset', die musiek skep n atmosfeer wat skrik vir niks, ons almal pik n traan. Nog steeds nie? Die familie man word gediagnoseer met kanker, hy het 6 maande of minder om te leef. Jy weet hy gaan sterf, jy weet dat op die einde daar n begrafnis gaan wees, maar in die proses leef hy ten volle. Hy maak op vir al sy sondes, sit die dinge wat eens verkeerd was reg.

Kom ons sit so bietjie en dink aan ons eie lewens vir een oomblik. Wie ken jy wat uiters gelukkig is, wie ken jy wat alles 100% dinge het soos hy wil. Niemand. Die yskoue-warm-klap is soos n ontwakking, jy le en slaap met jou oe oop. Die bitter pil is moeiliker om te slik as ooit tevore, so wat doen jy nou? Maklik, jy lieg, dalk nie vir jou naaste nie, maar vir jouself wel. Soos n spinnekop spin jy n web van drome, leuns en hoop dat jy jouself vas bind aan dit. In ander woorde jy 'mind-fuck' jouself so dat jy dinge begin glo. Hy sal terug kom en my lief he, die wiel draai en hy sal sy een of ander tyd sy gat sien. Karma is n woord soos alle woorde, die betekenis van die woord het meer gewig as silver, maar ons glo in dit, soos wat ons elke aand bid. Goei dinge gebeur met slegte mense en slegte dinge gebeur met goei mense, daar is geen rede nie, daar is geen antwoorde nie, dit is wat dit is, die lewe. Daar is geen les wat uit ons eensaamheid, depresie of ons ongeantwoorde gebede moet leer nie. Op die einde van die dag is dit jy en net jy. Die persoon in die spieel wat terug kyk bly nogsteeds net jy, jy kan daai persoon n koning, n diplomaat, popster of wat ookal maak in jou kop, maar realiteit is dat dit nogsteeds net jy sal wees. Die persoon wie jy was, gaan wees en altyd sal bly.

Ons belowe onself, die eiewys, die lewe na n lewe, die ewigheid, die plek waar ons onself sal vind na al die kak verby is, die plek waar drome bewaar word, jy vir niksgaan benodig nie, geen pyn, alles is net vrede, liefde en geluk. Is die mense regtig so dom? Hoe kan ons glo in iets wat klink soos die stories wat ons vir kinders vertel? Vrede, liefde en geluk is wel iets wat ons weet bestaan, ons almal het dit een of ander tyd in ons lewens ervaar, ongeag die tydperk, maar al wat ons van sekker kan wees is die nou, die hede, jou eie werklikheid. Is dit nie genoeg nie? Nee, want ons kan onself nie losbind van die ketangs van hoop, toekoms en die einde van die reenboog nie.

Sal die lewe nie makliker wees as ons net besef dat al wat ons is, is wat ons nou is nie? Fok dit klink verkeerd. In ander woorde; ons is groot gemaak om te glo dat jy enige iets kan wees wat jy wil wees, dat jy jou '15 min of fame' sal kry, dat ales jou hartjie begeer joune sal wees of word. KAK!

Die rykste 10 mense in die wereld besit oor die 50% van die wereld se geld. Geen gebede gaan help nie, jy is alleen in die wereld en al wat jy moontlik kan doen om dit better te maak is vriende en familie, maar dit op sy eie gaan nooit genoeg wees nie. HOEKOM? Want die man wat oorkant jou leef het meer geld, n mooier vrou, n slimmer kind en alles wat jy dink jy ook moes he in die lewe. Haha, dis so snaak, want ek kan lees wat ek skryf, maar ek glo nogsteeds in die hoop van more, die son skyn vir ons almal en in die heelal se werklikheid maak niks regtig saak nie. Ons as n planeet maak nie n druppel verskil in die heelal nie, en op die planeet maak nie een van ons saak nie. Ongeag wie dood gaan, die son sal weer more opkom vir ons almal.

Hou op glo, hou op dink dat alles n rede het. Hou op dink dat jy jou plekkie in die son sal kry, want die realiteit is dat dit nie gaan gebeur nie. Soveel mense gaan dood in armoede, van geweld, van siektes en ongelukke. wat maak jou so spesiaal dat dit nie met jou gaan gebeur nie? Hoekom is jy anders? Weet jy iets wat ek nie weet nie? NEE! Jy is net te stupid om te dink, te eenvoudig om realiteit in die oe te kyk, jou man te staan, hom op en af tekyk en vir hom te se 'fok jou'. Vandag is die dag wat ek nie glo nie, vandag is die dag wat gebeur nie n les het nie en nooit een gaan he nie. Wees berus, dat more dalk die einde gaan wees. Die liggie gaan ophou brand. Mense gaan oor jou huil en vir n oomblik gaan jy die belangrikste persoon in die vertrek wees. Mense gaan net die mooi onthou en al jou sondes sal weg val.

Geniet elke dag. Leef positief, maar bly hier saam met ons in die realiteit. Vlieg voeltjie, vlieg weg.



No comments:

Post a Comment