Wednesday, 28 December 2011

'n Moderne sprokie.


Eendag lank lank gelede, toe ons nog kinders was, het ons almal geglo in die mooi, die onskuldige, die hoop en die geleenthede wat ons sal berus na harde werk, bid en kerk toe gaan. Sjoe, maar het ons die pot mooi mis gesit, of wat? Die realiteit is heeltemal anders as wat ons kon in dink as kinders. Al wat ons hoef te doen is om so bietjie nuus te kyk. Daar is geen rudders op wit perde nie, daar is geen draak wat die pot goud onder die reenboog beskerm nie, en daar is verseker geen 'happily ever after' nie.

As mens is ons vas gekeer in die toekoms, die hoop van n better lewe, n better droom. Glo my nogsteeds nie, kyk n fliek. Die einde is almal gelukkig, die man op die perd galop na die horison met die nuwe bruid agter op en dit als met n rekenaar 'sunset', die musiek skep n atmosfeer wat skrik vir niks, ons almal pik n traan. Nog steeds nie? Die familie man word gediagnoseer met kanker, hy het 6 maande of minder om te leef. Jy weet hy gaan sterf, jy weet dat op die einde daar n begrafnis gaan wees, maar in die proses leef hy ten volle. Hy maak op vir al sy sondes, sit die dinge wat eens verkeerd was reg.

Kom ons sit so bietjie en dink aan ons eie lewens vir een oomblik. Wie ken jy wat uiters gelukkig is, wie ken jy wat alles 100% dinge het soos hy wil. Niemand. Die yskoue-warm-klap is soos n ontwakking, jy le en slaap met jou oe oop. Die bitter pil is moeiliker om te slik as ooit tevore, so wat doen jy nou? Maklik, jy lieg, dalk nie vir jou naaste nie, maar vir jouself wel. Soos n spinnekop spin jy n web van drome, leuns en hoop dat jy jouself vas bind aan dit. In ander woorde jy 'mind-fuck' jouself so dat jy dinge begin glo. Hy sal terug kom en my lief he, die wiel draai en hy sal sy een of ander tyd sy gat sien. Karma is n woord soos alle woorde, die betekenis van die woord het meer gewig as silver, maar ons glo in dit, soos wat ons elke aand bid. Goei dinge gebeur met slegte mense en slegte dinge gebeur met goei mense, daar is geen rede nie, daar is geen antwoorde nie, dit is wat dit is, die lewe. Daar is geen les wat uit ons eensaamheid, depresie of ons ongeantwoorde gebede moet leer nie. Op die einde van die dag is dit jy en net jy. Die persoon in die spieel wat terug kyk bly nogsteeds net jy, jy kan daai persoon n koning, n diplomaat, popster of wat ookal maak in jou kop, maar realiteit is dat dit nogsteeds net jy sal wees. Die persoon wie jy was, gaan wees en altyd sal bly.

Ons belowe onself, die eiewys, die lewe na n lewe, die ewigheid, die plek waar ons onself sal vind na al die kak verby is, die plek waar drome bewaar word, jy vir niksgaan benodig nie, geen pyn, alles is net vrede, liefde en geluk. Is die mense regtig so dom? Hoe kan ons glo in iets wat klink soos die stories wat ons vir kinders vertel? Vrede, liefde en geluk is wel iets wat ons weet bestaan, ons almal het dit een of ander tyd in ons lewens ervaar, ongeag die tydperk, maar al wat ons van sekker kan wees is die nou, die hede, jou eie werklikheid. Is dit nie genoeg nie? Nee, want ons kan onself nie losbind van die ketangs van hoop, toekoms en die einde van die reenboog nie.

Sal die lewe nie makliker wees as ons net besef dat al wat ons is, is wat ons nou is nie? Fok dit klink verkeerd. In ander woorde; ons is groot gemaak om te glo dat jy enige iets kan wees wat jy wil wees, dat jy jou '15 min of fame' sal kry, dat ales jou hartjie begeer joune sal wees of word. KAK!

Die rykste 10 mense in die wereld besit oor die 50% van die wereld se geld. Geen gebede gaan help nie, jy is alleen in die wereld en al wat jy moontlik kan doen om dit better te maak is vriende en familie, maar dit op sy eie gaan nooit genoeg wees nie. HOEKOM? Want die man wat oorkant jou leef het meer geld, n mooier vrou, n slimmer kind en alles wat jy dink jy ook moes he in die lewe. Haha, dis so snaak, want ek kan lees wat ek skryf, maar ek glo nogsteeds in die hoop van more, die son skyn vir ons almal en in die heelal se werklikheid maak niks regtig saak nie. Ons as n planeet maak nie n druppel verskil in die heelal nie, en op die planeet maak nie een van ons saak nie. Ongeag wie dood gaan, die son sal weer more opkom vir ons almal.

Hou op glo, hou op dink dat alles n rede het. Hou op dink dat jy jou plekkie in die son sal kry, want die realiteit is dat dit nie gaan gebeur nie. Soveel mense gaan dood in armoede, van geweld, van siektes en ongelukke. wat maak jou so spesiaal dat dit nie met jou gaan gebeur nie? Hoekom is jy anders? Weet jy iets wat ek nie weet nie? NEE! Jy is net te stupid om te dink, te eenvoudig om realiteit in die oe te kyk, jou man te staan, hom op en af tekyk en vir hom te se 'fok jou'. Vandag is die dag wat ek nie glo nie, vandag is die dag wat gebeur nie n les het nie en nooit een gaan he nie. Wees berus, dat more dalk die einde gaan wees. Die liggie gaan ophou brand. Mense gaan oor jou huil en vir n oomblik gaan jy die belangrikste persoon in die vertrek wees. Mense gaan net die mooi onthou en al jou sondes sal weg val.

Geniet elke dag. Leef positief, maar bly hier saam met ons in die realiteit. Vlieg voeltjie, vlieg weg.



Saturday, 24 December 2011

Verlore Kersfees.



Ou Kersdag, n dag wat maar kon gebly het. Meeste mense is weg. Vandag besef dat die lewe net een hard 'slog' is. Amper sewe jaar hier en die laaste twee was regter baie harder as die vorige vyf.

Vandag was die opstaan fokin moeilik. Gister aand saam met n vriending uitgegaan en gedurende die tyd probeer om myself te verdrink. Ek moet later vandag opstaan en my fokin Xmas ete gaan eet saam met vriende, die 'Christmas sweater' aantrek en saam met almal probeer lag. Soms is n mens nie lus vir die kak nie, maar jy doen dit, want dit is so maklik om alleen the wees, maar so moeilik om aan dit gewoont te raak.

Vandag was my verstand op sy eie, die geraas en die gesleep van splinters binne die kop was ongelooflik. Bliksem fok, maar dit is so so kak hierdie tyd van die jaar. Familie is ver weg, vriende is weg, of spandeer die tyd saam met hulle eie mense.

Gegaan vir n lekker loop, wel om die blok. Sien ek die mooiste 'sunset', ek het amper gehuil. Die foto laat dit nie so goed lyk soos wat dit was nie, maar met n snik-snik het ek weer gekyk. Ek kon hoor hoe die verstand die feters vas maak, want hier gaan die bliksem alweer rond hardloop, en ek weet dit sal na die hoekie toe gaan wat ek nie voor kaans sien nie. 'Bly weg' hoor ek myself se, maar dit voel asof daar twee van ons is. Die een wat hoor, nee voel, hoe sy hart in stukkies breuk en die ander bliksem wat weer n goei herhinnering wil beleef. Die stryd raak te veel en een van ons moet ingee. Soos n fliek begin die storie, hier is ek terug in France en alles is so duidelik, ek is weer daar, ek staan daar, ek is weer gelukkig, ek kan myself weer hoor lag. Vir daai split sekonde is ek gelukkig, ek voel hoe ek glimlag en daar kom n warmte oor my, n kalmte, n koue wind waai en ek hoor n kind skree en ek word terug geruk na realiteit. Ek's moeg gedink, my kop raak al seer van die kak en vir die eerste keer in n baie lang tyd dink ek dinge wat my koue rillings oor my rug laat hardloop.

Ek draai toe maar eerder om, gaan huis toe en sit die ketel aan.

Thursday, 22 December 2011

Strikdas Donderdag.




Drie dae voor Kersfees en almal is besig om geskenke toe te draai, nog 'presies' te koop en hul self dood te kommer of dit reg is, genoeg is, wys dat hulle omgee en, en, en. Maak ons nie te veel van dit nie? Die fok-alleen weet ek hou nie van Xmas nie. Het die plesierigste tydjie saam met vriende deur gebring gister aand. Die pas getroudes is hier van Pretoria tot en met die 27ste, so op n nat Woensdag aand sal ek hulle na die naaste 'pub' toe vat vir die engelse nektar. 'Sjoe, maar dis lekker', se sy en vat nog n sluk. Ons drie sit daar en kak praat, vang lekker op en deel met mekaar die sout-water-stories van die laaste jaar. Die denkwyse is die selfde en sodoende bring dit ons op van die snaakste stories en gesegdes af, ons le soos ons lag vir mekaar se stories.

Dit was n redelike laat opstaan in die oggend, die alarm bler is sy mal tanie se moer in, maar ek kry nie die gat uit die kooi nie. Met n sukkel gly ek in die strort in, fok die skeer, wie gee om, ek het nie nodig om vir iemand mooi te lyk vandag nie. Sleep my voete kamer toe, dis moeilik vandag, staan vir myself in die spieel en kyk, 'jou lelike bliksem' dink ek. Op die oomblik is ek baie dankbaar ek het n ma, want die fok alleen weet wie anders sal my kan lief he. Gryp my wol 'suit', die mooi een en begin stadig aantrek. Eers die linker voet, dan die regter voet, kouse en skoene. Na ek deur die hempde blaai, besluit ek dat vandag nie die dag vir n das is nie. Ek begin soek vir my 'bow-tie', die ou moffie propeller soos n onderwyser dit op skool genoem het. 'Ja, dit lyk nou oulik'.

Met die loop in werk toe kry ek n hele paar 'smiles' na my kant toe. Dink ek het iets begin hier. Dink wel ek moet nou een keer n week n strikdas aantrek, al is dit net om myself better te laat voel, of hoe?

Wednesday, 21 December 2011

Vandag n jaar terug.




Verlede jaar hierdie tyd het moerder-natuur besluit dat ons nie genoeg drama het nie. Met die wereld ekonomie was sy gat gesien het, die pond wat erg val, die hoogste werkloosheid nommers in 30 jaar, sit 'sy' daar en besluit dat sneeu haar die ding sal wees om met ons te fok.

Dit 'wit-kak' val hard en vinnig. Die paaie raak soos ys en niemand kan daarop ry nie. Al die lughawens moet toe maak, want niemand kan die ys of die 'wit-kak' verwyder nie en met die liefde kom London tot n staan stil. Niemand kan beweeg nie, mense slaap in die lughawe, busse, treine en taxis kan nie ry nie. Almal is in die huis, vas gevang in hierdie 'wit-kak'. Jy sal nou dink dat met al die berigte op die nuus, in die koerante en die inligting op die kuber ruim het 'the powers that be' planne gemaak om dinge aan die klop te hou. Toe nou foken nie.

Die sout wat op die paaie gegooi moes word is nerens te vinde nie. Die stootskrappers kom nie aan die gang nie en die hospitale is oorloop met mense wat inkom met gebreukte gewrigte, arms, vingers en stuikies. Mense wat moet invlieg van ander lande kan nie inkom nie en die 'gesigsboek' is propvol van erge taal gebruik oor die bliksems hier wat nie daai vingers in tyd kon uit trek nie. HOEKOM?

Die land kom tot n stilte, almal soek redes en die mense bo op die leer soek verskoonings. Hulle durf toe om te vra dat die mense kalm moet bly en die tydjie geduldig te wees. Sjoe, maar jy doen dit nie. Die pommies maak planne om parlament te gaan afbrand, maar dit gebeur toe nou nooit nie. Die blaf is erger as die byt.

Snaak, maar van al die stront wat die laaste 2 jaar gebeur het is dit nou een van die dinge wat my nie nou pla nie. Ek het 'snowball fights' met mense in die park, of hulle nou wil of nie. Ek trek my 'wellies' aan, dis nou wat julle sal noem 'gumboots' en skaats in die straat af. Solank my koffiehuis oop bly is alles in die haak. Nou, vir die laaste 3 jaar loop ek elke dag deur Hyde park, maar in die winter is dit so koud dat dit amper vir my voel soos my eie agter plaas. Daar is nie n mens in sug nie. Hel, maar dis te lekker, ek kan loop en sing, hard wind breuk as ek nou wil, self agter n boom piepie as ek moet. Op een van die dae loop ek in Kensington Park Gardens af, en voor ek my oe kon uitvee is ek oorval, nee, bespring deur eekhorings, nie een of twee nie, maar 100de van hulle. Gewoonlik kom gee die mense vir hulle kos gedurende die dag, maar met die 'wit-kak' wat ooral is kom niemand uit hulle huise nie. Die grond is kliphard gevries, so die stomme bliksems kan nie eers hulle neute uit grou nie, en ek weet hulle assosieer mense met kos, maar ek dink nie hulle wou kos by my kry nie, die wetters wou my eet.

Die volgende dag het ek 'monkey nuts' gaan koop en hulle gaan voer. Ag shame, hulle was te dankbaar.

Tuesday, 20 December 2011

Koshuis. Kakhuis.




Ek kon nie slaap nie. Die redes maak net sin vir my, so terwille van n einde kom ons los dit. Ek trek warm aan en gaan vir n loop in Hyde Park. Dis om die hoek van waar ek bly, dis mooi, dis veilig en ek geniet dit. Die verlore slaap skop in, maar die tyd staan stil. 

Tik-tak, tik-tak.
Ek sit hier by die werk en Kersfees is om die hoek, maar 5 dae weg. Dis grys, koud, nat en winderig en ek wil myself voor een van die rooi busse ingooi, want hierdie tyd van die jaar is jy of op jou voete, of op jou rug. Meeste mense aan die kant is Brits, maar in London is dit n ander piekniek. Die kinders hardloop rond asof hulle opsoek is na pakslae, natuurlik so hoog op suiker dat die 'junkies' jaloers raak.

Hierdie sal nou my sesde Kersfees hier wees, wel in Europa, maar elke jaar word dit moeiliker. Gewoonlik gaan ek weg oor die kerstyd, gaan na die suide van Frankryk toe, of ek gaan ski saam met die vriende, maar vir die laaste 2 jaar bly ek hier, in die middel, tussen al die kak-en-drama. Die pil word elke keer meer bitter, meer gal as wat goed is vir my, maar ek bly. Hoekom? Om so vraag te beantwoord is nie maklik nie, waar begin jy, voel jy regtig so of is dit nodig? Om eerlik te wees dink ek dis meer soos n legkaart en hier staan ek met die 100de stukkies en ek kan self nie kop of gat uitmaak wat, wie, hoekom of waarom nie. Maar ek dink as ek saam met Sigmund Freud n koppie koffie gaan drink sal daar baie duidelik voorgese word dat ek moet begin by my kinderdae. 'OH SHIT'. Nie vandag nie, ek is moeg en regtig nie lus vir die kak nie. Kan ons maar begin my my skooldae?

Uit n baie klein dorpie, wat meer kerke het as skole, polisie stasies, trein stasies, hospitale en winkels saam, kan ons maar aan neem dat die belangrikste ding in so n gemeenskap geloof is. Ek was na die riool-plaas gestuur op die ouderdom van 11. Koshuis. Koshuis. Kotshuis. Kakhuis. Ek het baie dinge ontvang daar, raas en pakslae was bo-op die lys. Ou tante Smuts wat elke donderdag aand mielie-brood vir ons gee as hoofgereg, en as dit nie genoeg was nie het sy vir ons droe bruin brood gegee en vloue-bitter tee. Ahh, those were the days. Twee jaar op laerskool en 5 jaar op die hoerskool. Die dagblad het geloop soos n trein, 05H30 die klok lui, jy staan op maak jou bed op, trek aan en was jou gesig, tande en die hol. 05H45 tieng-tieng die foken klok weer, dan begin jy skoon maak, vee uit, stof af, spoeg en plak. 06H00 maak die klok weer n geraas, want nou is dit 'stilte tyd', dis nou wanneer jy op jou splinter stoel gaan sit en bybel lees. Alles is 50/50 in die dorp, alles. 15 min vir aantrek, dan 15 min vir Jesus. 06H15 se jy amen en jy sit, en sit, en wag vir die ontbyt klok. Die seuns is honger, almal staan so gefokus en kyk na die deur, enige oomblik nou, jy skiet weer n gebedjie af dat die tanies nie die eiers opgefok het nie, daar daar genoeg kos vir jou en die eerste span se regter flank aan tafel sal wees. Ding-foken-dong gaan die klok, die geskarel van stoele, die gegly van die 'grasshoppers' wat so hier en daar aan die teels raak, elke man vir homself. Net soos Pavlov se honde, water die bekke so dat as jy aantree vir ete jou hemp nat is. Jy moet stil staan, want as jy praat gaan jy sonder ontbyt, of jy hardloop totdat jy kots na skool. 07H45 gaan die eerste skool klok, dis die duiwel wat jou waarsku dat daar 15 min oor is voordat jou gat weer diep in die kak is.08H00 tree jy aan op die platform, die hoofseun begin jou dag met, 'sluit die oe', en nou bid jy weer. Na die amen sing jy n paar liedjies, nie die rugby liedjies nie, nie die gees-bou liedjies nie, mmh meskien gees-bou, as jy bou aan die heilige gees. Na al die loof en prys staan die onderwysers nader, die laaste een van hulle lyk verwaarloos, soos die kat by die trein stasie met een oog en n halwe stert. Een van hulle loop voorentoe met die swart boek onder die arm, die rooi-satyn bladsye wat so gloei soos n kool in n dronk man se braaier. En hier word vir jou n daagliske les geleer, lang hare 'equals' sonde, mesies kyk 'equals' sonde, foken alles is sonde. Na die die kort preek wil jouself straf, maar ons moet weer bid. AMEN, se almal saam, want die bliksems op die dorp het mos nie stilte tyd by die huis in die vroee oggend nie. Al wat hulle jou wil leer is een simple les; geen jou siel vir Jesus, want jou gat behoort aan ons.

In die klaskamer skryf jy mekaar se wiskunde huiswerk af, jy voel nie sleg nie, want jy het klaar vir jou sondes gebid. Die 'onnie' loop in die klas in, en raai wat, jy gaan weer bid. AMEN, se almal saam. Die amen is nog nie eers koud nie, dan kan jy die penne hoor skryf. Jy gaan van klaskamer na klaskamer net om meer en meer in die kak te kom. 'Vir wat doen jy nie jou huiswerk nie, praat met my jong mannetjie', tug die diep stem van vooraf. 'Want Mnr, Mnr gaan my in elk geval slaan Mnr'. 10 woorde en drie van hulle is Mnr. Jy moet die bliksem 'respek' wys, want dis mos wat n Christelike kind van Jesus doen, of hoe? Na die moer-sessie, voel hy better. Sy vrou wil nie moet hom slaap nie, maar jy is die gelukkige een op wie hy sy draadtrek arm kan oefen. 14H00 kom daar n stem op die 'interkom'. 'Ons sluit die dag af met n gebed'. 'Dankie liewe Jesus vir die wonderlike dag, dat jy oor my gekyk het, dat jy my veilig gehou het. Dankie, in Vader's naam. AMEN'. Die laaste klok lui weer. Die koshuis-brake moet hulle gatte roer anders eet niemand nie. Na n lang dag van kak-eet en pakslae kry is jy honger. Jy weet daar is nie genoeg nie, jy weet jy gaan voel soos Oliver Twist, nog net n bietjie, maar dit gaan jou mooi help, net mooi fokol. Jy loop in en bid, jy sit en eet, jy bid, jy gaan en trek uit. Vrye tyd, vir 45 min, dan huiswerk. 17H30 tree jy weer aan, jy loop in en bid, jy eet, jy bid, jy gaan 'speel' buite. Vrye tyd tot 18H30, dan studie tyd. Koffie tyd 22H00, na die of moer warm, of moer koue koffie is jy terug in jou kamer op jou stoel en dan weer 'stilte tyd'.

En in die tyd van skool, die breukers se egos streel, die onderwysers se kak eet, jou huiswerk doen, leer vir jou wiskunde toets, skoon maak, bid en bid en bid, moet jou op n skatejag gaan na toilet papier as jy n nommer twee wil doen. Die generasies voor my het dit gedoop 'wit goud', presies soos dit moes wees. Soos die skelmste en bliksemste wetters in Hillbrow dwelms deel het ons die skuim wat presies die selfde doen in n seuns koshuis. Met jou lee beloftes, jou laaste sakgeld of jou beste skoene smeek jy om hulp. Jy oorweeg dit self om te bid vir dit, maar jou hulp kom nie, na al daai mooi vra ook.


Uit die selfde dorp ontmoet ek n ou siel soos myself. Sy is van die ander kant van die dorp, die aardrykskunde Mnr weet nie eers waar dit is nie. Haar man boer en sy gee klas, net vir die wat iets wil leer. Beide van hulle is uitgesonder in die dorp, hulle weet dat hulle nie welkom is nie. Daar is nie n donker geheim agter die moles nie, die polisie kom klop nie as daar iets of iemand weg is nie. Al wat tussen hulle staan en die welkom wat hulle verdien is hulle geloof, hulle kom nie in die NG kerk nie, ook nie die AGS nie, maar op Sondae gaan hulle na n ander dorp toe, want daar is hulle methodists kerk. Sy gee vir my engels, sy bring vir my van haar boeke uit haar eie huis want ek kan nie eers die boek bestel op dorp nie. Bram Stoker's Dracula. n Classic. Vir 7 jaar moes ek skaam wees, wegkruip en skelm lees. Vir 7 jaar moes ek stil bly oor die feit dat ek dink dat die heelal te groot is dat dit net ons kan wees. En vir 7 jaar kon ek, mag ek nie vir n enkele siel gese het dat ek nie in n god glo nie.

7 jaar op universiteit deurgebring en die dag toe ek my tweed graad vang is ek op die eerste vlug oor na die 'modder-eiland'. Meer boek winkels as kerke, meer museums as kerke. Nou kyk ek op na hierdie grys, koue, nat winters dag en ek wil amper huil dat ek hier is, maar die trane is van blydskap. So lief as wat ek is vir my mense, my taal en my kultuur, net so skaam maak hulle my.