Thursday, 25 October 2012

Bring die Dood!





Lanklaas op die bladsy gegrewe. Sjoe-moer maar wat skryf ek nou? Ek is nog steeds opsoek na daai pil wat my sy help om ophou te dink aan al die kak wat verkeerd is met die wereld.

Die mens is nie n komplekse dier nie. Ons dink ons is. Die eenigste dier wat nie in harmonie kan saam leef met onself  of met natuur nie. Ons moor, verkrag, steel, lieg, breek en ek het regtig nog nie eers begin nie. Maar, kom ons fokus nie op al die mooi karakter einskappe nie. Die Westerse bevolking kyk na die Oosterlike bevolking en dink hulle is simple, eenvoudig en agter die tyd. Die Oosterlike bevolking kyk na die Westerlike bevolking en dink hulle is vol kak en vertraag.

En wat die moeilikste ding is om te aanvaar vir my is dat ons almal is regtig in die middel, maar dis moeder natuur wat betaal. Ons sit soms en kyk n dokumenter op TV oor die dier, plante of ons natuurlike oorsprong in die see. Vir n oomblik voel ons goed, ons voel weer deel van mekaar en ons habitat, maar niks kan verder van die waarheid wees nie.

Kom ek verduidelik hoe fokin simple, eenvoudig en dom poese ons nie is nie.
Koolstof is die belangrikste element in die heelal, dis volop. Ons kan dit op elke planeet, ster, nova and dwarfs kry. MAAR, elke ‘carbon atom’ was gebore binne n ster. Elke ‘carbon atom’ in jou lyf was binne n ster, die oond van die heelal. Die heelal is so groot, dat niemand vertsaan hoe groot dit werklik is nie. ONS is eenvoudig net te fokin dom. Te simple, te vertraag en met alle eerlikheid is ons net te veel dier om dit regtig te besef. KOM EK verduidelik weer. As ons teen die spoed van lig kan reis sal on by Mars wees in onder 13 secondes. Ons sal by Pluto wees (die einde van ons sonnestelsel) in net oor 12 minute. Om tot by die einde van die heelal te kom sal ons oor 3.2 biljoen jaar moet reis. FOKIT!! Nou kom ons se vir een second dat ons kan nou daar wees. As jy omdraai en jy kyk terug wat dink jy sal jy sien? Dis redelik maklik om in te dink dat jy sal sterre sien. Maar die realiteit is dat ons nie sterre sal sien nie. Dit sal wel lyk soos sterre, maar elke ster wat jy sien is werlik n galaxy. En in een galaxy is daar biljoene sterre (vir die dom poes wat nie weet wat n ster is nie, dis wat jy ken as n son). Nou, met al daai sonne, is daar meer planete. So, die kaans vir ander lewe op ander planete is makliker om te aanvaar as wat daar n man in die hemel sit, en afkyk op ons en wat ons straf vir al die kak wat jy aanvang.

Nou weet jy hoe onbelangrik ons planeet nie regtig is nie. Maar daar is nog. Daar is oor 8.7 miljoen spesies op ons planeet, maar net een is verandwoordelik vir die ondergang van al daai lewe. MAAR so min van ons glo in evolusie, want god kan mos net vir ons gemaak het in ses fokin dae. MOOI MAN! So, nou sit ons bo die ketang, en ons fok op so mooi, so goed, so vinnig en so presies dat daar net mooi niks sal oor bly nie.

En nou sit on shier, op die blou planeet. En as jy weet van dinge. En as jy fokin kon lees, en verstaan sou jy weet dat ons planeet eens op n tyd pers was. GLO MY NIE, lees n fokin boek, en bly weg van die geloofs boeke.

Ons maak oorlog, ons ontgun dinge, goeters, kak van die grond, van die see en van mekaar om n ou plekkie uit te kerf, nee, uit te grou vir onself. En in die proses vergeet ons van wat regtig belanglik is. DIE NOU!

Ons sit blindeliks voor mekaar en doen niks, myself ingesluit. Is daar iets wat ons kan doen? Is dit te laat? Ek hoop nie so nie, maar as ek eerlik met myself kan wees is my antwword ja. Ons is regtig gefok. Ek het 3 maande terug n artikel gelees, dit was geskryf deur een van die belangrikste, een van die slimste en ook een van die merkwaardigste wetenskaplikes in die hele wei wereld. Hy het ons 13 jaar gegee. Oor 13 jaar sal die mensdom nie meer bo grond kan leef nie. Nou as dit waar is, is ons mooi gefok. Ek is regtig ok met dit, my hart is seer oor die ander 8.7 miljoen spesies wat hierdie werklikeid ook moet deurgaan. Die onskuldiges. My hoop is nie dat ons weer eendag n bestaan kan maak nie, maar werlik dat ons nooit weer die lig sal sien nie. Ons spesies is fokers om dit mooi te stel. Die kak wat ons aan mekaar doen, nie net die ander 8.7 miljoen spesies nie, is onvergeeflik.

Met hoop, sterf on suit voordat ons alles saam vat. Voordat alles betaal vir ons kak. Bring die pes, bring die virus, bring die oorlog en bring die dood.