Friday, 3 February 2012

Dis koud, dis moer koud.


Met die weer wat skuins staan op -10C is my moed so bietjie in sy moer. Die wind huil om elke hoek en met elke waai voel dit asof daar n klomp wetters jou gesig probeer opsny met lemmetjies. Dis lankal nie meer lekker nie. Met die 88 lae klere aan, die bek wat so blink van al die lip-salf wat jy aansmeer lyk dit soos rinderpes op die vervoerstelesel in die oggend.

Die land van die verlore, die land wat 2 seisoene het, winter en Junie. Ons almal sien so uit na n bietjie hitte, dit raak nou al so erg dat as jy n sigarette aansteek staan mense om jou oor die klein vuurtjie wat jy aan die gang het. En met die koue lyk almal soos ketang rookers as hulle buite is. Dis kaker dan kak en hulle voorspel sneeu, dit wit kak is glo oppad. Elke aand as ek in die bed klim voel dit asof daar n seekoei op my le, want die komberse is so hoog op mekaar gepak dat daar nie eers spasie is vir n poep nie. Die lekker van die koue weer is dat jy soos n baba slaap, jy is so vasgedruk onder die komberse dat jy nie eers kan beweeg nie, soos wat jy inklim is soos jy wakker word. Vasgebind soos n slaaf.

Ons gaan nou kouer as die suid pool wees. Ek kan dit nogsteeds nie glo nie, dis fokin laf, fokin laf se ek. Staan eerder in die koue as wat ek in Afrika sit.

Die weer speel bitter min saam met wat ons uit die dag wil he aan die kant en met meeste mense nou al so gewoond aan die weer maak ons maar altyd n plan. Ons drink meer, ons hang meer uit saam met ons vriende en drink, ons gaan uit vir ete en drink, ons kan tot n fliek kyk hier met n drankie, so ja as jy wil 'cope' met die koue moet jy begin drink. Die weer was die afgelope 4 dae so kak dat my lewer nou al weer seer is. En gelukkig as jy moerse wingerd-griep het dan pla die koue jou nie so baie nie. Volgende week is ek alweer terug by die AA, en as dit n koue aand is dan is die eerste ronte op die groeps leier.

Ek weet hulle se dat Afrika nie vir sussies is nie, maar die fok alleen weet dit boertjies is moffies as jy my vra, nie een van daai wetters kan die koue hanteer soos ek nie. Hulle kruip onder moeder se arm weg voordat hulle die koue aandurf.