Van lekker lag, kom lekker huil. Hier doen ons beide. Die stories van n enkel-kruiper in London. As jy hier bly sal jy verstaan, as jy dink om oor te kom, lees maar eers.
Friday, 20 January 2012
Sien en kyk.
Soos meeste van on weet het jy goei dae en slegte dae, maar iets moet gese word as jy meer slegte dae het as goei dae. Die grap agter die slegte dae is dat meeste mense jou altyd laat verstaan dat dit meer oor jou uitkyk oor die lewe is as wat dit die omstandighede is. Ek weet darem nou nie daaroor nie.
Kom ons kyk en sien of dit met alles so is. Vir die laaste twee jaar het ek ongeveer 20 goeie dae agter die rug, en die snaakste van alles is dat helfte van die dae 5 jaar terug n dood gewone dag sou wees. Jy besef redelik vinning dat daar groot fout is as die hoogte punt van dag n warm stort is, of in ander woorde die 'kak-moles'. Kom ek verduidelik;
1. Jy nie met kak gegooi word nie.
2. Jy nie ander mense se kak moet eet nie.
3. Jou baas jou nie kak gee nie, of my gunsteling,
4. Jy nie iemand anders se kak hoof skoon te maak nie.
In die laatse 2 jaar was dit en is dit nog hoe ek my dae rangskik. Van vroeg more tot laat aand deel jy die ure in die "kak'ometer" in. Party dae is 7/10 en ander dae is 10/10, maar as 'lady luck' aan jou kant is dan is n 5/10 redelik aanvaarbaar.
Die begrip om n mens se uitkyk oor die lewe te verander klink maklik, maar is een groot pot kak. Kan dit retig so maklik wees om ewe skielik die lewe van n ander perspektief af te sien? Dis n baie eenvoudige en dood gewone NEE. Dit bring my tot die ander punt, n mens se keuses. Dis relatief moontlik om te sien dat party mense meer keuses het as ander, maar daar is die selektiewe paar wat baie minder keuses het. Of, jy rangskik jou keuses in n seker volg order van belangrk tot nie-so-belangrik. Een van my belangrikste punte is om nie in Suid Afrika te bly nie, dis half daar met suurstof en kos. Die redes vir dit is baie simple, kan nie die geweld hanteer nie, die meeste mense daar is fokin eenvoudig en ek's teen geloof. So, met die keuse om hier te bly, maak dit ander keuses minder. Een keuse gee jou 1000 opsies, en n ander opsie gee jou niks.
So, is dit werlik moontlik om n mens se uitkyk oor die lewe te verander, as dit so eenvoudig is hoekom is daar soveel ongelukkige mense, hoekom is daar nog soveel kwaad en wraak in die wereld. Aanvaar meeste mense hulle lot in die lewe, of baklei hulle teen dit?
Maak nou jou fokin oe oop, kyk jy so bietjie rond en trek jou lyn in die sand. Die lewe is nie wat jy daarvan maak nie, maar meer saam speel met die hand wat jy gekry het.
Subscribe to:
Posts (Atom)